Select Page

Oor Ons

Winkelhaak Verspreiders is ‘n gevestide Groothandel Brandstof Maatskappy wat reeds 20 jaar  (sedert 2000),  diesel  van so min as 1500 lt per aflewering en so groot as wat benodig word aan veral die Landboubedryf,  Mynboubedryf asook Besighede,  50ppm Diesel  verskaf.

Aflewering van Diesel en Smeermiddels is gratis en goeie pryse kan beding word veral met groter bestellings en dadelike betaalopsies.

Bafana Petroleum het later by Winkelhaak Verspreiders aangesluit en die Groep bestaan uit 22 Brandstofdepots asook Oiltrans as ons Engen & Caltex olieverspreidingsnetwerk wat daagliks aflwerings van olies, ghriese en ander verwante smeermiddels hanteer. Dit is ook by die Branstofdepot`s beskikbaar.

Visie

Winkelhaak Verspreiders se visie is om na ons twintigjarige bestaan steeds te streef om die beste vir die Kliënt te doen.  Dit beteken om daagliks gefokus te wees en te streef om te verbeter en te vernuwe om die Leiers op die gebied te bly. Ons besef dat ons Kliënte ons gebring het tot waar ons vandag is. Dit is ons trots en kosbaarste dryfkrag.

Missie

Winkelhaak Verspreiders besef dat die besigheidswêreld geen leemte laat vir foute nie. Aflewerings van bestellings moet spoedig gedoen word en ‘n deeglike kortingsraamwerk moet in plek wees om stabiliteit te bevestig.  

Bafana Petroleum as deel van die Groep is so oorgekoop en die naam is so behou met ń verspreidingsnetwerk veral in Gauteng, Limpopo en Noordwes.

Gemeenskaps Aanmoedings Projekte

Vir enige navrae:

Produk

12 + 14 =